Die mal een Van dankie amen tot rok en rol groei ek, en wie weet wat gaan ek volgende groei, miskien my eie daggabossies.Ja, toe ek n kind was, grootoog en gretig om grootmense se aandag te trek met my slimbek en belaglike wawiele op die gras voor in die tuin, waar ma'hulle nog steeds woon. Ja, toe het ek niks geweet van geldprobleme, versekering en die pil. Saans wanneer pa weg op see was en ons, dis nou ek en my drie lelike susters, by my ma in die bed lê, moes ons luister na ma se neurotiese 'die-pangas-gaan-ons-keel-afsny' stories, terwyl sy seker maak dat die rewolwer gelaai is en veilig onder haar kussing is. Dis dan dat ek hard gebid het dat liewe jesus en sy pa ons asseblief nog net een nag moet beskerm. In die dag wanneer ma en pa werk en die musiek kliphard blêr, het ek en my drie lelike susters mekaar gedonner oor geleende panties, haarborsels en wie die ham opgeëet het. Ek onthou duidelik die dag toe my pa voetspore in sy plante se ronde sirkels gekry het, hy was maar n perfeksionistiese milletêre, hou jou bek, eet jou pap tipe, toe meet hy die voetspoor, en ek kry die pak, dit was al die tyd die huismeisie gewees. iemand begin lol met my en ek is na n lang gesmeek by my ma, koshuis toe op Malmesbury. Alles is natuurlik nie verby nie en my ervaring met die iemand het my in n depressiewe kringloop van skuldgevoelens, minderwaardigheid, selfverwyt ens, laat verval.
Laterjare wou ek die hele storie hof toe vat, maar 'fate' het die iemand n erger les geleer. Jy sien, van sy sewe kinders het net een oorlewe, n dogter, Nellie, die domste. In elke geval, trou Nellie toe met Steve en hy was so skelm soos die houtjie van die galg, maar baie dommer. Steve stig toe n boumaatskappy in Nellie se naam, maak oor n miljoen skuld en is skoonveld. Nellie gaan tronk toe, in Pollsmoor, swanger met die boef se kind. Intussen verkoop die iemand se vrou haar besigheid, en saam met haar man moes hulle Nellie se skuld betaal. Nellie is toe so te seg reguit van Pollsmoor na Valkenberg, waar sy glo brood teen haar wange gesmeer het. Nou is die iemand, sy vrou en sy mal dom dogter gekrenk. Dit was my eerste ervaring met seks, behalwe die keer toe ek heel naive my skoolvriend, styf hou vas het onder die kombers in my kamer. In Malmesbury op koshuis het ek n beste vriendin gehad, en almal het gedink ons is lesbians, maar ons was nie. Die twee van ons het rondgehang met n groep meisies wat almal stadskinders was en rokers was. Op n dag het ons laataand op ons koshuis vensterbanke gesit, op die tweede vloer, toe piepie ons op die kombuis se dak daaronder, een girl het sowaar gekak. Die personeel het nooit uitgevind daarvan nie. Onder in die koshuis basement was daar wasplekke, koffiedrinkplek en sewe klaviere. Ons het daar op bankies gesit en soms die klaviere gespeel met ons tieties en tone. Die local girls het nie van ons gehou nie, veral na drie baie smart ouens ons geselskap verkies het, omdat ons vlot engels kon praat. Daar sal altyd n ding wees tussen stads en plattelandse meisies. Op die ou einde kom alles neer op een ding, "waar is ek nou ?". hier Hierdie biografiese snit word met warm liefde opedra aan my drie pragtige susters, my ma en pa, Jan my man, Jessica my dogter en Tron my seun. kort verhaal deur Vyg Fynbos kliek vir STORIES blad kliek vir die hoof indeks |