![]() n paar intieme vrae en n paar antwoorde
Kan jy uibrei oor die storie: Die kind, die vrou en die hoer? Skryf jy oor jouself? Ja, ek het as kind nare ondervindings gehad, en deel van my genesingsproses is om dit bloot te stel vir wat dit is. Vertel ons meer van jou familie? My ouers woon in die bos by Marlott Park Mpumalanga langs die Krokodilrivier en tussen die pragtige wild. Ek het drie susters, Lucia is die oudste en sy woon in Stellenbosch, waar sy die Universiteit se Biblioteek help bestuur. Jane is n jaar jonger as ek en sy woon in Gansbaai, waar sy saam met haar kinders snorkel en gaan stap in die berg. Judy die jongste, woon in die Kaap en sy is n verspreider van Hewlett Packard produkte. My liewe man Jan, werk vir Chevron Texaco in Kazakstanh, hy's n chemiese ingenieur daar. Ek het twee pragtige kinders, n dogter en seun. vertel iets baie privaat Nee, maar ek is bipolar en ek het n borderline personality disorder. Ek het opgehou deelneem aan Litnet se Sênet omdat Melt Myburgh(2007) my briewe begin terugstuur het omdat ek woorde soos russe en chinese nie in hoofletters getik het nie.
Ek voel dat ek kan skryf hoe ek wil, solank my boodskap duidelik is. Ek voel dat die
boodskap belangriker is as die pakkie waarin dit kom. Geen wonder daar is soveel
wan kommunikasie tussen mense nie.
|
waarvandaan ? wie is my gunsteling afrikaanse skrywer ? waar het ek al orals gewoon ? waaroor voel ek besonders sterk ? waarvan hou ek nie ? wat irriteer my ? wat waardeer ek ? waarheen is ek oppad ? waar wil ek die graagste wees ? wat gee my heerlike plesier ? wie is my gunsteling Suid-Afrikaners ? wat moet ek net eenvoudig sê ?
wat lees ek baie graag?
enige boodskap aan die leser ? |