Bloedbek

Pa het pas teruggekom van die see af en ons het om die tafel gesit in die kombuis, 'n goue songloed het deur die kombuisvenster op die tafel geskyn, terwyl ons sit en groentesop eet. Die groot horlosie teen die besemkas se muur het op sesuur gestaan.

Pa was 'n stil man en het min gepraat, want hy het erg gehakkel, amper elke woord was 'n hakkelwoord. Pa hakkelpraat nog so ernstig met Ma toe ek uitbars van die lag vir hom, hy klap my toe dat ek deur die oop venster val op die stoep dat my neus en mond bloei, dit was seer en ek het gehuil, maar ek moes weer by die tafel kom sit en my sop klaar eet, met bloedbek, snot en trane.

Dit was 'n les wat ek nooit sal vergeet nie, een van vernedering, ek het van daardie oomblik af nooit weer gelag vir hakkelaars of krippel mense nie.

kortverhaal deur Vyg Fynbos


kliek vir STORIES blad
kliek vir die hoof indeks