Die Siberiese elwe

Ver weg in die noorde van Siberia, is daar n groot berg. Die berg is so groot dat die torings van die sneeu koning se paleis op die berg bo die wolke uitsteek. Die bergkabouters het 700 dae daaraan gebou.

Die sneeu elwe wat daar woon is baie slim en oral bekend vir hul fyn handewerk. Hulle is lief vir die natuur en die natuur gee vir hulle towerkragte. Min mense weet hoe om die towerkragte van die bome,plante,grond,son en die lug te gebruik Die elwe weet hoe, maar is geheimsinnig, en se dat elke mens of dier dit self moet ontdek.

Die sneeu elwe is klein en dra sneeuwit klede wat deur sywurms gespin word, om die middel dra die elwe n groen blaar gordel. Hulle is vinnig en knap en loop kaalvoet sodat hulle die aarde kan voel.

Diep binne die berg,onder die paleis is daar baie kamertjies en gangetjies. Daar is eetkamers,slaapkamers,speelkamers en natuurlik die groot werksale. Dis in die groot werksale waar die sneeu elwe doen wat hulle die liefste voor is, en dit is om sneeu te maak.

Hulle werk lang skofte om die sneeu te meng,maak en toets. Net die sneeu elwe ken die resep,dis hulle geheim.

Wanneer die sneeu perfek is, word dit in helderkleurige trein waentjies gelaai en ry al met die spore langs na groot grotte aan die kant van die berg.

Sodra daar genoeg waentjies sneeu is, begin die meester elf op sy silwer tower fluit speel. n Sagte melodie wat vęrlangs in die wind deur die sneeu arende gehoor word. Dis nie lank nie en die geruis van groot vlerke kan gehoor word, die mooiste arende land dan skuins voor die grot.

Die arende vlieg ver vanaf al die lande waar dit winter is. Op hul rug dra hul groot gevlegde mandjies. Terwyl die elwe die sneeu in die mandjies grawe, drink die arende n warm koppie towertee, vir die lang vlug wat voorle.

Dan is die mandjie vol en die arende vlieg en vlieg en vlieg tot by die lande waat dit winter is. By die plekke vlieg die arende dan skuins en laat val die sneeu liggies na die aarde toe.

Nou weet ons waar die sneeu vandaan kom, en as dit winter by jou is en dit sneeu nie, kan jy maar n briefie na die Sneeukoning stuur by Uralberg, in Siberia.

kinder verhaal vir Jesse deur Vyg Fynbos


kliek vir STORIES blad
kliek vir die hoof indeks