|
Woensdag oggend op Mars, dis koud en dis stil, en alles is onder beheer.
Die groen skynsel op die pods is fosforiese mars mos het begin groei het na die krater vol water gepomp is.
Die pods was klaar gebou teen 2185, en met die vertrek van die konstruksie en myn vloot het die koloniste se ruimteskepe die een na die ander geland.
Die kolonie se offisiele naam is Cape Mars.
Die Capetonian Institute for Neuraltechnology het die die eerste Suidelike Afrika optog na n planeet, gefinansier en dit het vyftien jaar geneem om die 50 000 Mars koloniste te vervoer. Tydens die vyftien jaar was die aarde se herkonstruksie projek al goed aan die gang, maar steeds het die groot ruimteskepe duisende mense weggedra van die aarde na n gesonder toekoms op die planete.
Die Cape Mars kolonie is met moderne tegnologie toegerus en is een van die mees welvarenste kolonies in die buite-planete. Die sukseskvolle ontginning van nuwe en skaars mars metale, het gesorg dat die kolonie n besige hawe ontwikkel het, met die gereelde besoek van mynskepe. Die mynskepe is n kleiner tipe ruimte skip en vervoer ook vragte rou materiale.
Die kolonie het ook begin eksperimenteer met die mos en het reeds twee varieteite mos olies ontwikkel en bemark deur die Cape Mars Refining Company Ltd. Die olies is ryk aan eksotiese bestandele en het beide industriele potentiaal en word reeds gebruik as n biotiese serum in meeste van die planete.
Die volk hier staan bekend as Safarians, en alhoewel afrikaans deur die hele bevolking gepraat word, word engels, xhosa, zulu, sotho, hollands, chinees en spaans ook ewe veel gepraat.
Die sosiopatie van die mense is n samesmelting van oosterse en utilitarian filosofie
ten opsigte van kultuur en sielkunde. Elke inwoner behoort aan n guild, en die guilds beheer elk n strategiese funksie. Elke indivu het n funksie en speel n belangrike rol in die algemene instandhouding van die woonpods... om dit ligtelike te stel...almal werk saam.
Die fragiele en beperkte bio-atmosfere van die woonpods, is die rede hoekom die bevolkingsgroei streng beheer word. n Tipiese familie eenheid is drie en met net die helfde van die bevolking wat heteroseksueel is, word daar n goeie balans handhaaf.
Dit gaan goed met my en Jan, ons werk baie hard, ons link na aarde toe is redelik, en ons is in goeie gesondheid, Jan het n nuwe stokperdjie, hy ontwerp neonglas lampe met gas wat van marsiese mos olie gemaak is. Deesdae spandeer ek meeste van my sosiale tyd in Virtual Nets en ek ontwerp op die oomblik n mikrokosmos van die Kruger Wildtuin, die diere is baie interresant, maar vat besonders lank om te programeer..die virtual kosmos speel af in die jaar 1960, ek het nog nie aan n naam gedink nie, maar bemarking kom eers baie later.
Ek kekkel te veel, ek is seker hierdie boodskap gaan dae vat om deur spacemail se netwerk te skeur, liefde aan al ons vriende daar op die ou aarde, en onthou mense... alles is onder beheer !
songroet ! storie deur Vyg Fynbos
|