Die PAN //PAN/huisnet5/netnuus Sektor CPT-4509 is sedert gister al van Worldnet afgesny, dis so ongeveer 32 miljoen mense, Worldnet beweer glo dat n groep tekwebbies van daardie sektor by hul kode argiewe probeer inhakkel het en dat die hele sektor nou gestraf word en dat die sektor sal herlink word sodra die skuldiges uigelewer word deur NetWeb sekuriteit. Die NetWeb tekhead vir Sektor CPT-4509 beweer dat die hakkel nie vanaf hulle sektor gemaak is nie en dat hulle trafficbots inligting tussen roetes KA 456 en LP 3098 gelog het, wat aandui dat die inbraak vanaf Sektor CPS-4509 gemaak is. Ek vermoed dat die hakkels dieselfde groep is wat so vyftien jaar gelede, vanaf Oldnet die NewCapeDome se gravity setting verander het. Die dome het amper ontplof en ongeveer agthonderd duisend mense is dood. Dit het 50 miljard rand gekos om die dome te herstel. Wel, ek moet sê dat ek nie veel simpatie met Worldnet het nie, as hulle securitybots so lax is, is dit seker omdat hulle die bottekkies te min credit. - ed /sosiale nuus /boodskappe/Susan com: Dolf PAN 17 nooi al die PANNETTE uit om maandeinde deel te neem aan die Natkv se kunsfees kompetisie, alle kunsvorms welkom.[ek het gehoor dat die vr-stadion a massive overhaul kry en dat die nuwe Svr-programme deur BLOU BOBBEJAAN geskryf is] /roetine: level 4 en 7 citizens moet aanmeld by medies gedurende Januarie, en onthou vr-caps gaan ook gescan word, so neem dit saam. kleuters word vanaf Maandag verplig om filosofie klas te loop, DomeNet stuur detail na elke ouer en kind.
Die Plaaslike Afrikaanse Netwerk 5 (PAN 5) editor
ends.
kort verhaal deur Vyg Fynbos kliek vir STORIES blad kliek vir die hoof indeks |