skiereilander

lekker bak die son daar bo uit die blou lug
neer op die parade waar die smouse
rolle helder lap vir goedkoop verkoop
die wind waai, dis somer
n meitjie sit op die trap en coke drink
langs haar staan n man en rootie eet
ek kan die kerrie ruik
en dit maak my honger
links, is die boekstal en ek sien
niemand koop die ou verbleikte boeke nie
die gelag van die mense om my is vrolik
en ek dink dat dit net hier in die kaap is
waar mens sommer plat op die grond kan sit
terwyl die mosk sing, die kerkklokke lui

die kanon gee n skoot
en ek weet ek moet skoert
weg van drome en son
terug na Adderleystraat

gedig deur Vyg Fynbos


kliek vir STORIES blad
kliek vir die hoof indeks