Stories en kort verhale

"Stories om te vertel ..stories om te vertel ! " basuin die laagvlieênde Sony digibird, terwyl dit inzoom op Roelof en Leuce wat in die bak van die satelliet skottel sit. Die twee torring aan die ou ontvanger en kan hul seker glad nie verbeel hoe dit moes wees in die ou dae voor die implants nie. My jinne, maar waar loop my gedagtes dan nou, ek wou net sê dat jy hier lekker stories kan lees
en dit nogal op die ou manier.



Woensdag oggend op Mars, dis koud en dis stil, en alles is onder beheer. Die glasmodules waarin ons woon, is duidelik sigbaar op die foto..


Ek staan teen die muur in die donkerte en hou die ander mense dop. Die musiek doef-doef deur my lyf en my kop beweeg op die ritme vinnig heen en weer. Die laserligte disorienteer my, helder kleure flits chaoties voor my oë...


Tron staan vir n oomblik stil toe hy die geritsel daar langs die huis hoor. Hy luister fyn, dis nie die hoenders nie dink hy en stap nader om beter te kan hoor en kyk.


Pa het pas teruggekom van die see af en ons het om die tafel gesit in die kombuis, 'n goue songloed het deur die kombuisvenster..


Liesbet het lank vir ons gewerk, ma het altyd gesê dat die kleurlinge wel drink maar baie harder werk as die swartes..

Van dankie amen tot rok en rol groei ek, en wie weet wat gaan ek volgende groei, miskien my eie daggabossies.Ja, toe ek n kind was, grootoog en gretig om grootmense se aandag te trek met my slimbek en belaglike wawiele
hou jou oë toe, beweeg weer jou heupe van kant tot kant, ek hou so bietjie daarvan en ..hou jou oë toe, luister na die musiek ..mm van kant tot kant ..

Sy loop badkamer toe en spoel die slaapsand uit haar oë, dan borsel sy haar tande, bo, onder, langs die kante en laastens borsel sy haar tong . . . o jissis, ek beter eerste die visse kosgee, dis seker al vier dae, en die plant wat van die deurskroef afhang.. o here..ek beter nie van die varing op die printer se tafel...


ek stap baie versigtig oor die brug, onder my borrel die lava en die klanke daarvan suis in my ore, ek haal die safety catch van my pistool af..


Die trane wat oor my wange rol, is vol woede en self-haat, die teleurstelling wat ek ervaar versmoor my, en ek weet nie hoe om met die skokkende besef


Op my tweede dag in Perth, kry ek toe so koud dat ek in tweehandse klerewinkels begin soek na iets lekker warm om te dra.


Dit het my 23 maande geneem om die 70 ingenieurs op te spoor vir die projek. Dae lank het ek van server tot server van kanaal tot kanaal van web tot web geskakel en met duisende mense gepraat, soms moes ek deur vervelige cybersex sessies sit..


Cynthia staan stil by die kookarea en ontbeen die hoenderstukke, terwyl die skulpnoodles kook.


My rok was bo oopgeknoop en my vol ronde tieties was heelwat sigbaar, die rok het knope van bo tot onder en was van onderaf ook oopgeknoop sodat my donker driehoek net-net sigbaar was terwyl ek loop, sonder pantie, soos ek daarvan hou...


Sektor CPT-4509 is sedert gister al van Worldnet afgesny, dis so ongeveer 32 miljoen mense, Worldnet beweer glo dat n groep tekwebbies


Die tuin was altyd netjies, nie 'n lekkergoedpapier of stuk plastiek in sig nie, ons moes gereeld die ou akkerboom se blare ophark in hopies en dan die hope..


"Vlug MH0189 het om en om gesirkel bo die lughawe, maar die storm het aanhou met woed. Die passasiers was bekommerd


Ver weg in die noorde van die wereld, is daar n groot berg. Die berg is so groot dat die torings van die sneeu koning se paleis op die berg bo die wolke uitsteek.


Die mier loop blind op paadjies wat ek nie sien nie. Hulle is altyd op pad iewers heen, n krakie in die muur of n gaatjie in die vloer.

keer terug