|
Valskerm
"Vlug183 het om en om gesirkel bo die lughawe, maar die storm het
aanhou met woed. Die passasiers was bekommerd, nie net was hulle laat vir
hulle afsprake en aankoppelende vlugte nie, maar die vliegtuig het heen en
weer geruk en pluk in die storm. Dit was ook nie al nie. Daar was iets
verkeerd met die vliegtuig se lugreëling. Die passasiers was almal
ligtelik aangetrek vir die warm tropiese weer van Malaysia. Die
lugwaardinne het net n paar ligte vliegkomberse gehad en dit uitgedeel.
Steeds het Vlug183 bo Kuala Lamphur aanloopbaan 1 gesirkel, na so
n uur het die Kaptein aangekondig dat hy na aanloopbaan 2 sou moes vlieg vir
nog brandstof. Die vliegtuig is daar weg met n geruk en pluk, die
passasiers was bekommerd en yskoud, die lugwaardinne kon die lugreëling
nie afgeskakel kry nie. Die temperatuur binne die vliegtuig het gevaarlik
begin daal, die passasiers het reeds al hul klere uit hul bagasie gehaal
en aangetrek om warmer te kry. Al die kos en drank was reeds opgeëet en
opgedrink.
Die Kaptein kondig boonop toe nog aan dat die tweede aanloopbaan
kort gelede deur weerlig beskadig is en dat hy die vliegtuig sou moes
terugvlieg aanloopbaan 1. Die storm het gewoed soos geen ander, enorme
strale weerlig het geflits en die donder was verdowend, die vliegtuig het
gevaarlik geruk en pluk. Dit was een van die ergste tropiese storms ooit
in Asië.
Die passasiers en lugwaardinne was vreesbevange. Steeds moes
Vlug183 om die lughawe gesirkel het, die vliegtuig kon nie land nie,
dit was beslis te gevaarlik, met verwoestende winde met sterktes van tot
200 km per uur op die die grond.
Die Kaptein het kort daarna toestemming gekry om n noodlanding te doen, al
was dit baie gevaarlik, die landing was onsuksesvol en die vliegtuig het
op die aanloopbaan neergestort en aan die brand geslaan.
Al die passasiers en vlugpersoneel is dood op daai vervloekte vlug,
behalwe een man wat dit oorleef het. Toe die vliegtuig neergestort het,
het die half gevriesde man se veiligheidsgordel losgeskeur en die man het
met die botsing deur n groot gat langs die vlerk van die vliegtuig by die
vliegtuig uitgeskiet en is meer as sestig meter deur die lug geslinger in
n dam water in, waar hy in n visserman se net beland het."
"maar hoe weet Oupa al die dinge ?" " my kind, ek was daardie man
gewees, ek was die enigste mens op Vlug183 wat lewendig daar uitgekom
het." "rêrig Oupa ?..ek glo dit nie..sjoe !" "ja my kindr, maar dit was ook n
gelukkige dag vir my..want daai dag het ek vir ouma
ontmoet,...ooo ja, ek onthou nog daai pragtige glimlag van haar, toe
sy oor my buk in die ambulans, haar sagte vreemde stem en haar lang swart
hare..."
kort verhaal deur Vyg Fynbos
|