ysterhond
ek stap baie versigtig oor die brug, onder my borrel die lava en
die
klanke daarvan suis in my ore, ek haal die safety catch van my
pistool
af, en met my hand geklem op die kolf, kyk ek vinnig op
teen die kranse
en sien geen gevaar in die rooi lug.
veilig oor die brug, stap ek slaggereed met die paadjie langs,
al
kronkelend teen die kranse op, ek hoor iets..nie seker waar
die
geluid vandaan kom nie, my ore spits, my oë vernou, ek staan
stil,
om beter te kan hoor, kyk op en af na die kranse, sien niks,
die
geluid echo, ek bêre die pistool en haal my lasergeweer uit, ek
het
n gevoel dat iets erg gevaarlik om een van die draaie vir my wag..
ek stap verder, luister, haal vinniger asem, hartkloppings,
dit
klink soos n ysterhond se asemhaling, ag nee, as daar een dier
is wat
ek haat, is dit die agterbakse ysterhond.. sweep die kranse,
dan kruip
om die draai, sien n rooikruis pakkie, wonder of dit n
lokval is, my
stamina is flou, ek het dit nodig, stap vinniger nader,
die paadjie nou
breër, tel die pakkie op en voel verlig en sterker,
die ysterhond
spring uit die krans ! ek duik paniekbevange uit die pad
van sy giftige
roltong, te laat, hy pik my, ek sidestep weer, draai
die supershotgun
en mik terwyl ek kniel en skiet !.. ek skiet raak,
hy pik weer, ek
skreeu van pyn, skiet weer en sug van verligting toe
hy dood neerval..
jissis !!
ek stap verder en kry nog n rooikruis pakkie, verslind dit dadelik,
voel beter, nog steeds beangst, leopard crawl tot by die volgende
draai
amper op die kruin van die krans, loer om die draai en sien die
basis..
twee wagte patroleer die ingang gewapen met masjiengewere, die paadjie
kronkel skuins af met n stink neongroenerige radio aktiewe sludge
rivier
net voor dit..ek stap verder, bly na aan die krans uit sig uit,
hoor weer iets,
spits my ore, dit klink soos n vuurwapen wat oorgehaal
is, ek sak neer,
sit stil en sweep die terrein voor en op teen die
kranse, ek kruip
versigtig naby, kyk om die rots en sien niks, stap
stadig met die paadjie
langs, stop dadelik toe ek weer die oorhaal
klank hier naby my hoor,
dis n knypwag ! hy storm op my af, sy knypers
klikker kliphard, hy mik,
ek skrik en skiet twee skote, die wag is
dood, mors bloody dood !
ek vee sy bloedspatsels van my gesig af, gaan my ammunisie na, kyk na
die
dooie wag met walg, buk by hom, en drink sy waterbottel leeg, sien
die
staminapakkie en eet dit ook. Ek voel beter, maar ek is moeg en
stap verder..
by die groenrivier stap ek op en af op soek na n oorgangspunt, ek sweep
die
terrein, niks roer nie, eindelik kry ek n plek waaroor ek dalk kan
spring,
ek tel my terugtreë, hardloop en spring, ek maak dit
net-net..ek rol teen n klip
en raak yskoud, ek is plat op my rug, sien
hoe seil die twee
handgrenate...
- Vyg Fynbos 1998
kliek vir STORIES
blad
kliek vir die hoof
indeks