|
Veiligheid vir die Suid-Afrikaanse huisvrou en haar familie
Suid-Afrika se misdaad statistieke is skokkend. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons familie veiligheid n prioriteit moet maak. Hierdie webwerf is geloots om veiligheid en sekuriteit makliker te maak vir die huisvrou en haar kinders. Bespreek veiligheid met jou familieLaat almal insluitende ouer kinders saam gesels oor hulle vrese en wat hulle dink die huis nodig het om hulle veiliger te maak en laat voel. Algemene veiligheids maatreëls moet neergele word
1. Voordeure word onder geen omstandighede oopgemaak vir vreemdelinge nie. 2. Voordeure word nie deur kleiner kinders oopgemaak nie, misdadigers kan jong kinders maklik mislei of inligting by hulle bekom. 2.b Sleutels word nooit in deure gelos nie, hang die sleutels buite bereik van deure en vensters. 3. Jong kinders moet nie die telefoon antwoord nie, want hulle is te jonk en kan mislei word om inligting uit te gee. 4. Tieners wat smiddae alleen na skool by die huis is , moet in die gewoonte kom om deure toe te hou, veral as daar gefliek word of harde musiek gespeel word, want die kind sal nie eens bewus wees daarvan as misdadigers ingekom het nie.
5. Tieners wat in die publiek moet rondbeweeg of stap moet altyd paraat wees.
- wie loop agter my? 6. Tiener dogters, moet veral paraat wees en bewus gemaak word daarvan dat misdadigers veral vrouens as sagte teikens sien.
- dogters moet veral paraat wees soos hierbo in punt 5 beskryf - dogters moet bewus wees daarvan dat hoë hakke en/of kort rompe of kort toppies en baie lae broeke uitloklik kan wees vir seks misdadigers en dronk mans - dogters dra nie hoë hakke as hulle ver moet stap nie, dan het hulle geen kans om weg te hardloop in n nood situasie - dogters/alle tieners moet verkieslik per motor deur ouers afgelaai en gaan haal word, moenie te lui wees om jou tieners te vervoer vir sosiale geleenthede nie, hulle het die reg om sosiaal te verkeer - ouer tiener dogters moet peper sproei in hulle handsakkies dra of verkieslik in hulle hand vashou as hulle alleen iewers moet stap 7. Die husivrou wat bedags alleen is terwyl kinders skool toe is - hou deure, patiodeure, skuifdeure toe, terwyl jy huiswerk doen - as jy in die voorste deel van jou huis werk, maak seker die agterste of kant deure is toe gesluit - as jy op die stoep of in die tuin sit of werk, maak seker die res van die huis se deure en venster is toe - as jy in die area by jou agterdeur werk of ontspan, maak seker die voordeur en/of kantdeure is gesluit - moenie die voordeur oopmaak vir vreemdeling nie, praat deur die deur - as jy ontspan voor die tv, sluit eers die hele huis. - moenie al die vensters en patiodeure oopmaak en dan ontspan nie, maak net oop in die vertrek waar jy is indien nodig. - moenie op warm somersdae jou hele huis oopmaak en langs die swembad area gaan ontspan nie, hou eerder die dele van die huis waar jy nie gaan ontspan nie se vensters/deure toe, en maak net die deure en vensters by die swembad area oop. - wees paraat wanneer jy in-en-uit jou motor klim voor of na inkopies - wees oor die algemeen paraat en ken die klanke van die buurt en jou huis - hou peper sproei in jou kombuis of slaapkamer of by jou in die area waar jy werk of ontspan - as jy na donker moet ry, hou die peper sproei binne bereik langs jou in die motor - maak blindings en gordyne na donker toe sodat misdadigers nie in die huis kan sien nie - as jy die huis moet verlaat bedags, hou n radio of tv se klank aan - as jy saans weg is van die huis af, skakel buite ligte aan en een of twee ligte in die huis en hou jou tv ook aan.
|
- alarm stelsel - veiligheids tralies - veiligheids hekke - honde slaap in die huis saans - buite ligte saans aan - een of twee ligte aan in die huis terwyl jy slaap - peper sproei langs bed saans - selfoon langs bed saans - paniek knoppie - buurt wag - noodnommers opgeplak - veiligheids kamera - loergaaitjie in deur
Stap om jou huis en kyk waar kan n dief inkom Onthou diewe gebruik soms klein maer kinders om in te kom, so selfs klein vensters is nie veilig nie Stap in die donkerte om jou huis en kyk waar kan mense insien Moenie gereedskap of n leer buite los nie, pak dit weg, want diewe kan dit gebruik om mee in te breek Moenie kameras, selfone, handsakke en laptops voor oop vensters sit nie, al is daar tralies Moenie saans vensters ooplos nie, al is daar tralies, diewe kan tralies saag of breek, maar glas wat breek maak n groot geraas Sommige skuifdeure kan maklik van spore af gelig word, slaan n spyker in die regte plek sodat diewe dit nie kan lig nie Plant doringplante by vensters of mure Verwyder bosse by vensters en jou inrit wat as wegkruip plekke deur kriminele gebruik kan word Moenie wasgoed oornag op die draad los nie, dit daag diewe uit Wees bewus wanneer werkers, bouers en tuiniers in die area werk Hou tuinhekke toe. Sluit kelder en dakdeure. Moenie kleingeld, beursies, klere, ipods of enige iets in jou motor los nie Hou jou posbus leeg Besoek die lys van webwerwe om meer inligting oor sekuriteit en veiligheid te lees Protect your home from burglars
Geskryf deur Cynthia Gertenbach, veiligheids bewuste huisvrou van Kaapstad. |