Seep resep en metode

Basiese Seepmaak Metode
gemaak van beesvet en soda

Die resep lewer genoeg basiese seep om 24 koekies seep te maak.

Geen aluminium moet gebruik word nie, want soda reageer negatief daarmee. Soda kan jou vel en oë beskadig, en jy moet nie spat of mors nie, ook nie kinders toelaat naby dit nie. Die soda en water word warm en is giftig, so werk versigtig.

Onthou voeg altyd die water by die soda en gebruik n pyrex houer of ysterpotjie.

Jy het n termometer nodig, (nie n aluminium een nie, jy kan dit by Boardman's koop by die koekgoed rakke)

Stap 6: Gooi 751 gram gestolde beesvet in n yster kastrol en smelt dit teen n matige temperatuur.

smelt die vet
Stap 7: Weeg 99 gram soda en voeg 291 gram water daarby. Voeg die water versigtig by die soda.
meet die soda
Meng dit sodat al die soda vlokkies opgelos is en laat staan op n veilige plek.
voeg altyd die water by die soda
Stap 8: Gebruik die termometer, die gesmelte vet moet tussen 40 en 45 celcius wees en die soda oplossing ook. Voeg nou die soda bietjie vir bietjie by die vet, terwyl jy roer.
voeg die soda by die vet
Stap 9: Roer die mengsel aaneenhoudend tot dit verdik en soos kitspoeding lyk, die roer neem ongeveer 30 minute.
roer die seep
Hieronder is n foto van seep wat vir 25 minute geroer is en die tekstuur van kits poeding het, nou is die seep reg om in jou houer te gooi.
seep is reg
Stap 10: Gooi die seep in n plastiek houer en maak die houer toe en draai in n kombersie of koerantpapiere toe, sodat die seep stelselmatig kan afkoel op n stil en veilige plek.

Op hierdie stadium kon jy reeds die seep gegiet het in seepvorms, maar in hierdie voorbeeld gaan ons eers die basiese seep gebruik om handgemaakte seep te maak wat gegeur is en aanvullende bestandele by het. In deel 3 maak ek bv seepvorms gemaak van karringmelk met sandlewood olie daarin sodat dit lekker ruik.

gooi die seep in die houer
Die koek basiese seep word eenkant gesit tot dit heeltemal gestol en afgekoel is, ek het my koek seep oornag laat staan (12 ure)

Stap 11: Wanneer die koek seep reg is, haal dit uit die houer en breek in stukke op en laat staan op n koekrakkie vir ten minste een week sodat die seep kan verhard en sodat die PH balans bereik kan word.

basiese seep stukke op droograkkie

>> Kliek vir Deel 3: Handgemaakte koekies seep

<< Kliek vir Deel 1: Hoe om die beesvet te kook