Seep resep en metode

Karringmelk seep resep

Ek het 6 koekies seep gemaak van karringmelk
met n sandlewood aroma.

Let wel: Vir die giet van tussen 6 en 9 koekies seep gebruik hierdie basiese resep:
basiese gerasperde seep 340 gram
water/vloeistof 255 gram

Jy kan koek kleursel gebruik om kleur aan seep te gee, en enige gegeurde olies.

Jy kan bv suurlemoen by die water gooi of rooswater, maar dit moet altesame 255 gram weeg.

Jy moet self eksperimenteer of soek resepte op webwerwe of in seep boeke.

Karringmelk seep resep

Hieronder is n foto van plastiek seep vorms, gerasperde seep, botteltjie sandelwood en in die fles is die benzoin poeier, die karringmelk is nie op die foto nie.

Stap 12: Rasper van die basiese seep en weeg af 340 gram daarvan.

benodighede
Stap 13: Smelt 340 gram van die basiese seep oor lou tot matige hitte.
smelt die gerasperde seep
Stap 14: Voeg 255 gram karringmelk daarby en roer tot die seep n gladde romerige tekstuur het.

Voeg daarby n paar druppels sandlewood olie, jy kan n hele paar druppels sandlewood olie ingooi, maar dit hoef beslis nie meer as n kwart teelepel te wees nie, dit hang van jou af.

Voeg daarby 2 teelepels benzoin poeier (jy kan jou apteker vra om dit vir jou te bestel as dit nie in voorraad is nie, dis nie baie duur nie)

roer tot glad en romerig
Stap 15:Gooi die karringmelk seep in vorms en laat dit staan tot dit gestol het.
gooi die seep in vorms
Stap 16: Haal die karringmelk seep uit die vorms en plaas op n droograkkie.

Die bruin merkies in die seep is omdat ek n ou gevlekte houtlepel gebruik het, moenie dieselfde fout maak nie, gebruik n skoon lepel.

Die gaatjie in die een koekie seep is n vormpie wat ek in die seep probeer druk het, om dit mooi te laat lyk, maar dit het nie mooi gelyk nie.

Stap 17: Die seep moet nou weer deur n verdrogings en verouderings proses gaan, sodat die PH balans korrek is, laat staan die koekies seep op n droograk vir so n week as dit warm, somer en droë weer is, indien dit winter is of klam of koue weer is, neem dit tot n maand om uit te droog.

koekies seep op droograk
Stap 18: Die Seep is reg om te gebruik, ek het n aartappel skiller gebruik om die agterste kant van die seep glad te kerf sodat dit mooi lyk.
rond die koekies seep af
Jy kan die seep mooi toedraai op enige manier waarvan jy hou, dit is baie lekker geskenke vir vriendinne, susters, ma's en dogters.

Karringmelk seep is vir sensitiewe velle en jy kan jou gesig ook daarmee was. Moedig mense vir wie jy die seep gee aan om dit te gebruik !(anders pak hulle dit dalk weg om te "hou" vir eendag.)

verpak die koekies seep mooi

Al 18 stappe van die seepmaak proses se fotos is geneem van my eerste poging om seep te maak, ek het baie ander seepmaak webwerwe gelees om n algehele idee te kry van die proses.

Dit was n baie lekker proses, my man het gehelp met die vet kook en het van die foto's ook geneem.

Ek gaan nog baie seep maak en sal seker met elke keer wat ek dit doen, meer ervare raak en mooier koekies seep maak !

Indien jy n vraag het, kan jy my e-pos by i@heksie.com
vriendelike groete Cindy Gertenbach

<< Kliek vir Deel 1: Hoe om die beesvet te kook

<< Kliek vir Deel 2: Handgemaakte koekies seep