|
Hoekom 'n huisvrou wees? Daar is net een goeie rede hoekom iemand n huisvrou wil wees. Dit is n ouer wat hulle kinders die beste moontlike sorg en opvoeding wil gee en self wil sorg dat die kind/kinders met dieselfde kulturele waardes as die ouer groot word. Verdien 'n huisvrou n salaris? Ja, my salaris word deur my man direk in my bank rekening inbetaal. Jy en jou maat moet die saak bespreek en tot n ooreenkoms kom. My maat verdien n goeie salaris en kan my dienste as huisvrou bekostig. Ek kry ook n jaarlikse bonus wat aan die einde van elke November in my bank inbetaal word, betyds vir Kersfees inkopies. Wat is die huisvrou se verantwoordelikhede? In orde van belangrikheid: 1. om die kinders te versorg 2. om gesonde maaltye voor te berei 3. om n mooi en gemaklike woning te skep 4. om die woning te versorg 5. om algemene huiswerk te doen Kry n huisvrou vakansies? Ja, huisvrouens moet vakansies kry om te rus en om nou en dan uit die huis te kom. Op n weeklikse basis, kan die huisvrou uitgeneem word na n restaurant, gewoontlik op n Sondag, waarna sy uitgerus tuis kan kom sonder n vuil kombuis om skoon te maak. Maandeliks kan die huisvrou vir n naweek weggeneem word na n selfsorg vakansie plekkie of nog beter is n hotel, waar die hardwerkende huisvrou kan rus, sonder die gewone verantwoordelikhede van sorg vir maaltye en opruiming. Die huisvrou kan jaarliks op n lekker lang vakansie geneem word na n plek van haar keuse. Het n huisvrou stres? Ja beslis, omdat sy kinders moet versorg. Hoe jonger die kinders is, hoe meer stresvol is die situasie. Die versorging van babas en kleuters is veral stresvol. Stres kom voor op verskillende vlakke: Die meeste stres kom voor omdat die huisvrou verantwoordelik is vir die oorlewing en gesondheid van n kind/kinders.
Babas en Kleuters: Dit is die huisvrou wat die emosionele en sielkundige verantwoordelikheid dra dat die kind/kinders moet oorlewe, gesond bly en nie in noodlottige ongelukke betrokke is nie en ook om kinders wat siek is terug te help na gesondheid. Tiener Stres: Stres vlakke kan ook baie hoog wees vir die huisvrou, wanneer jong kinders in die tiener fase van die lewe ingaan, aangesien tieners baie moeilik kan wees, as gevolg van hormoon fluktuasies en seksualiteits ontwikkeling. Dit is n tydperk wanneer die huisvrou besonders geduldig moet wees en die tiener moet probeer verstaan. Die fase van die tiener se ontwikkeling is moeilik en dit is ook wanneer ouers moet verstaan dat die kind begin groot word en eie identiteit ontwikkel en eie voorkeure voorendag lê. Harde musiek, kreatiewe of vreemde kleredrag, nuwe vriende en gewoontes is normale gedrag van tieners en moet deur ouers gerespekteer word. Die tienerfase is dus n baie stresvolle tydperk vir die huisvrou, haar tiener en familie. |
Deel 1: Versorging van die kinders
babas en kleuters ![]() tieners
jong grootmense Deel 2: Huiswerk pligte
- beddens opmaak Deel 3: Kosmaak Pligte
- kos inkopies doen Deel 4: Inkopie Pligte
- kleding Deel 5: Ekstra Pligte
- versorging van diere Ek doen hierdie ekstra takies, want ek is kreatief, hardwerkend en ek word 'n baie goeie salaris betaal. My familie voel gemaklik, veilig en baie tuis, en hulle is altyd trots om vriende na ons gerieflike huis te nooi. My kinders is pragtige sterk individue en spandeer meeste van hul tyd tuis en hulle vriende voel altyd welkom hier. Ek versorg ons troeteldiere en hou ook 'n ogie op die tuin en maak die swembad skoon. Ek gee nie om om hierdie takies te verrig nie, want ek waardeer my huis en doen moeite om dit te versorg. Ek is nou al 'n ervare huisvrou en het baie vrye tyd vir my stokperdjies, wat seepmaak, kralewerk, lees, tuinmaak, webwerf ontwerp en rekenaarspeletjies insluit. Ons het ADSL internet by die huis en ek gebruik dit om met vriende te gesels, webwerwe te lees en inligting te kry oor bak, kook en enige iets waarin ek belangstel. Indien jy enige ander raad nodig het of wenke wil deel, kontak my gerus by info@heksie.com |
Huisvrou InligtingHuisvrouens is nie altyd vrouens nie, daar is geen rede waarom 'n man nie ook 'n goeie 'huisman' kan wees nie. Op hierdie webwerf gaan ons praat van huisvrouens, maar dit sluit ook huismans in. Om 'n huisvrou te kan wees, moet jou eggenoot 'n redelike salaris verdien en jou dienste kan bekostig.
- Motorkar - Wasmasjien - Tuimeldroër - Skottelgoed-wasser - Mikrogolf - Stofsuier - Noodhulp-kissie - Selfoon - Toegang tot die internet - Kredietkaart vir noodgevalle
Voordele vir die familie
- kinders word ten beste versorg
- uitgawes van 'n huisvrou is aansienliik minder:
- geen huishulp/kinderversoger onkostes Die nadele: Huisvrouens kan afgesonder en eensaam voel, wat kan lei tot depressie. Dit kan egter voorkom word as die huisvrou 'n goeie salaris verdien om haarself en haar stokperdjies te onderhou, en nou en dan n blaaskans gegun word. Toegang tot die internet maak 'n wêreld van kommunikasie oop en dien as 'n portaal tot inligting en vermaak, en bied aan die huisvrou 'n geleentheid om te sosialiseer vanaf die veiligheid van haar huis. Ander hulpsame inligting: Die broodwinner moet besef dat die huisvrou elke nou en dan 'n ruskans van haar verantwoordelikhede nodig het. Die broodwinner moet die huisvrou emosioneel ondersteun en moet die pogings van die huisvrou waardeer. Omdat die huisvrou nie 'n beroep het waar sy deel van 'n span kan voel nie, moet die broodwinner moeite doen om haar aan te moedig en waardering te toon. Elke huisvrou sal haar eie manier hê van dinge doen en haar eie orde-stelsel, wat gerespekteer moet word deur die res van die familie. Huisvrouens sal die familie se emosionele behoeftes beter kan verstaan en die broodwinner moet luister na raad, veral in verband met die kinders. Die kreatiewe, hardwerkende huisvrou behoort 'n goeie salaris te verdien, sy is die hart en siel van die huis en as sy ontevrede is, sal almal die nagevolge moet verduur. Die beste beste ding vir jou kind of kinders is om hul self groot te maak en te versorg met jou eie waardes. Gesinne wat 'n huisvrou het, is gesonder, gelukkiger, nader aan mekaar en het kinders wat floreer en deur al die fases van hulle ontwikkeling 'n ouer het wat daar is vir hulle. Daar is niks polities negatief daaraan om 'n huisvrou/huisman te wees nie. Dit is die grootste voorreg en beste manier om jou kinders met jou eie goeie waardes groot te maak. Die huisvrou/huisman het 'n direkte invloed op hulle nageslag en behoort die verantwoordelikheid met alle erns op te neem. Kliek hier om te lees hoe om jou familie veilig te hou
Gepubliseer einde Mei 2007 |