Rym en Dig

ek sit op die dak, met my fyn klein handsak, en kyk na die pad,
want my ou stap dit plat..


jy voel warm en ek seksie, asof jy my lover is wat soek ons by die hoi-poloi ? kyk, die mense drom saam, om glase wyn en bier..

gedurende die nag het die duiwels om my siel gejag,om my pyn gelag verkrag my verderf my vat my siel huistoe matrix toe

met n bree nimf lag en skitter in jou oëlang bruin gedaaide hare en modelling manicure sit jy op stoeltjies in rykmansbare

omhels met weelde
so materialisties
luuks en sag die aardse kussing

so manlik staan jy daar
stomend eroties tussen jou gereedskap boute en moere planke en kabels

staan maar daar en loer
so onderdeur jou bril jou hande parmantig oor jou bors gevou

sonder vlerk vlieg ons radeloos
swak en verskrik in ons verskalking steeds flikker die sterre

soos 'n techno hoer sit ek voor my rekenaar en 'n probeer 'n lyn kry

lekker bak die son daar bo uit die blou lug neer op die parade waar die smouse rolle helder lap vir goedkoop verkoop

jy loer skuins oor jou skouer na die kamera en vra of dit okay is jou skouers bruin gebrand en benerig jou tieties ferm klip en klei krale versier jou nek koper deur jou ore
Soos skelms in die nag, sluip sluip kom hulle vinniger, nader, kwader sien die stof, die dans van die dode krippel klim die spinnekoppe, kruip kruip

kliek terug na die INGANG blad